| Complaint | Ek wou sykouse vir my kinders koop vir skool. Op die rak was daar egter van alle groottes en kleure, behalwe swart en hulle groottes. Ek roep die dame van 'n ander afdeling (want daar was nie iemand by die sykouse nie) en nadat sy met die hoof van die afdeling gepraat het (wat besig was met 'n telefoonoproep) kom deel sy ons die volgende skokkende nuus mee:
Ek is jammer dame, ons het nie meer van hierdie sykouse in voorraad nie. Ons kry ook nie weer van dit in nie. Ons het Mei maand ingekry en dit was al.
Nou my genugtig!! Dit is die BEGIN van die die winter in die Kaap. Hoe is dit moontlik dat hulle nie meer sykouse kan inkry nie??? In die begin van die winter???
Is daar iemand daar buite wat iets aan hierdie situasie kan doen? Is daar iemand daar buite wat opleiding aan hierdie mense kan verskaf??
Ongelukkig is Woolworths besig om deel te word van die statistiek in SA wat SLEGTE DIENS aanbetref. Hoevele kere wou ek al kla, dan bly ek maar stil. Maar hierdie keer was dit eens te erg. Buiten vir hulle onbehulpsaamheid, swak orginasies vermoe (soos wanneer daar 20 mense in die ry staan, net 2 kasregisters beskikbaar te stel!!!!) en swak dienslewering, kan hulle nie eers voorraad bestel nie!!
Ek wil amper wed dat daar niks gaan gebeur nie. Dis tog maar net nog 'n klagte en dan is dit nog in AFRIKAANS!!
Sanette Kapp |