| Complaint | Al ooit gehoor van POYNT.CO.ZA? Jy betaal 'n maandelikse bedrag, en hul stuur vir jou afslag koepons. Ek het gedink dis 'n wonderlike idee, my bank besonderhede gegee en na 'n ruk het die koepons met die pos gekom. Ongelukkig het ek nie baat gevind by eers een koepon nie, en agv daarvan dit gekanseleer dmv epos. Maande daarna kyk ek na 'n bankstaat en sien hul trek die bedrag steeds af elke maand. Weer vir hul gebel, hul beweer hul het nooit die epos gekry nie (ek het 'n "return receipt" gekry om te sê hul het dit wel ontvang) uiteindelik, na al die baklei, Oktober verlede jaar het hul uiteindelik dit gekanselleer. Groot was my verbasing toe ek sien, einde Januarie 2006, daar wragties weer 'n bedrag afgetrek is! Toe ek hul uiteindelik in die hande kry, het hul gesê daar was 'n klein probleempie met die sisteem, en dit sal nie weer gebeur nie. Einde Februarie sit ek toe net genoeg geld in my bank rekening vir my wettige aftrekorders, en wat gebeur? Hul het wrintie waar ALWEER afgetrek! Na so 5 oproepe en elke keer 'n minimum van 5 minute aangehou (een keer sommer 13 minute!) kry ek die bestuurder in die hande.
Laaaang storie kort te maak, hul sal nou die geld oorbetaal, maar eers die 17de Maart, maar hul dink nie hul gaan die bankkostes ook betaal nie (nedbank vra R75 vir elke aftrekorder wat nie deurgegaan het nie, ek het net voorsiening gemaak vir my aftrekorders, so met die gevolg, hul het my ander aftrekorders nie laat deurgaan nie, omdat hul eerste hul geldjies onregmatig uit my bankrekening gevat het. As gevolg hiervan, het hul amper my motor versekering gekanseleer want die premie het nie afgegaan nie!
Alles agv hierdie POYNT maatskappy, ek wonder hoeveel mense is nog so ingeloop by hierdie maatskappy? Wees gewaarsku, as jy eers ingeteken het, is dit moeilik om daar uit te kom! |